Misverstand

Marita Van Der Vyver

eBook
eBook
6,99
6,99
inkl. gesetzl. MwSt.
inkl. gesetzl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
Sofort per Download lieferbar

Weitere Formate

Taschenbuch

14,99 €

Accordion öffnen

eBook (ePUB)

6,99 €

Accordion öffnen

Beschreibung

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om 'n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine - miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink 'n swartgallige Willem.
Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder 'n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, 'n jong man wat sy pa skaars ken.
Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.
Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. 'n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Marita van der Vyver is die skrywer van 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, 'n literêre sensasie wat in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.

Produktdetails

Format ePUB i
Kopierschutz Ja i
Family Sharing Nein i
Text-to-Speech Nein i
Seitenzahl 272 (Printausgabe)
Erscheinungsdatum 01.03.2017
EAN 9781485903512
Verlag New Holland Publ.Ltd.
Dateigröße 708 KB

Kundenbewertungen

Es wurden noch keine Bewertungen geschrieben.
  • Artikelbild-0