By die brandende berg

Piet van Rooyen

eBook
eBook
9,49
9,49
inkl. gesetzl. MwSt.
inkl. gesetzl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
Sofort per Download lieferbar

Beschreibung

JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy 'n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná 'n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy 'n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red.
In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.

Piet van Rooyen is die skrywer van nege romans en vier poësiebundels. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-roman­kompetisie. Hy ontvang hiervoor ook die cna-prys vir 'n debuutroman, en in 1998 word sy boek Die olifantjagters met die M-Net-prys bekroon. Ander romans sluit in Gif (2001), Die brandende man (2002), Akwarius (2005), Etosha (2010), Rodriguez (2012), Voëlvry (2015) en Amatola (2016). Hy is tans verbonde aan die Militêre Skool van die Universiteit van Namibië.

Produktdetails

Format ePUB i
Kopierschutz Ja i
Seitenzahl 208 (Printausgabe)
Erscheinungsdatum 01.09.2019
EAN 9781485904229
Verlag Penguin Random House South Africa
Dateigröße 2259 KB

Kundenbewertungen

Es wurden noch keine Bewertungen geschrieben.
  • Artikelbild-0